EduXplore

Tuis- en Alternatiewe Onderwys Ekspo's

Dae
Dae
Tot die KZN EduXplore Ekspo
Grace Kerk - 14 Sep 2024
Tot die CHE EduXplore Ekspo
Sunningdale Sports Centre - 12 Okt 2024

Die Hoekom

Wêreldwyd neem ons ‘n veranderende paradigma oor opvoedkunde waar. In herbesinning oor die toekomsgereedheid vir hulle kinders en die opneem van self- verantwoordelikheid, beweeg al meer gesinne weg van staatsbeheerde onderwys na parallelle en ander alternatiewe. Dit is veral sigbaar in die snelgroeiende tuisonderwysbeweging, die totstandkoming van nuwe privaatskole en -skoolgroepe, die opskiet van kothuisskole en leersentrums en die talle buite-klaskamer geleenthede.

Veral tuisonderwys het 'n groot aanhang in Suid-Afrika gekry en vertoon dit tans een van die getalrykste tuisonderwys gesinne in die wêreld. Aanvanklik was hierdie groei 'n reaksie op die verswakking van die staatsonderwys, maar gesinne het gou die dieper en verrykende waarde van hierdie selfstandige en vryheidslewenswyse ontdek.

Die teikenmark van EduXplore bestaan hoofsaaklik uit saamdoengesinne wat waarde heg aan lewenslange leer en 'n avontuurlike lewensreis met die oog op deurlopende en volhoubare roepingsvervulling en persoonlike bevrediging, waarin inkomste hulle hart volg en nie andersom nie.

EduXplore is nie net gerig op skoolleer nie en is ook nie beperk tot persone van skoolgaande ouderdom nie, maar die kosmos van uitstallers en aktiwiteite by die ekspo bied inspirerende en gedagtestimulerende moontlikhede, hulpmiddels en ‘n genotvolle milieu vir gesinne in hulle avontuurlike ontdekkingsreis in 'n wêreld waarvan die toekoms voortdurend verander en vol verrassings is.

Die Wie

Die ekspo's wat op hierdie webwerf gelys word, word gewoonlik georganiseer as 'n gesamentlike poging tussen 'n plaaslike of provinsiale tuisonderriggroep, SA Tuisskolers en KragDag, as die verantwoordelike entiteit vir administratiewe en logistieke bestuur.

SA Tuisskolers, 'n ou bekende naam onder die tuisonderriggemeenskap in Suid-Afrika, bemagtig ouers om die beste onderwys vir hul kinders te kies. Die webwerf (www.sahomeschoolers.org) is sedert Januarie 2011 aktief en is gestig as die mees omvattende onafhanklike webwerf oor tuisonderrig in Suid-Afrika.

Die tydskrif, Fair Lady het die volgende in 'n artikel oor tuisonderrig geskryf: "... so baie mense het die SA Tuisskolers-webwerf aanbeveel dat ek dit by die stuk ingesluit het as 'n betroubare hulpbron vir mense wat meer inligting wil hê." Die webwerf word ondersteun deur en is geïntegreer met 'n Facebook-bladsy en 'n YouTube-kanaal.

KragDag (www.kragdag.co.za) het sedert 2013 die taak opgeneem om die provinsiale tuisonderwys-ekspo’s in Suid-Afrika te organiseer in samewerking met SA Homeschoolers. Aanvanklik is ‘n jaarlikse ekspo net in Johannesburg aangebied, maar dit het uitgebrei totdat ekspo’s in 2019 in KZN, Kaapstad en Gauteng aangebied is. Met sy leuse “Doen jou eie ding” bied KragDag ook die jaarlikse KragDag alternatiewe Energie, selfstandigheid, landbou en wegbreek ekspo aan, buite Pretoria. In 2023 is hierdie ekspo deur 36 000 ekspogangers en 600 ondernemings wat uitgestal het, bygewoon.